JOIN OUR MAILING LIST

Affies Gimnasium

Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria – Gimnasium

Affies beskik oor 'n volledig toegeruste gimnasium.

Soos julle almal weet lewer Jaco en Hannalize die afgelope paar jaar uitstekende dienste aan ons seuns.  

Ons plaas hier inligting tov hulle dienste.  

Verder sal ons gereeld artikels publiseer tov verskeie aspekte van gimnasium werk en dieet programme.  Hierdie inligting sal onder "Vra wat jou pla" geplaas word elders op die blad.

Kontakbesonderhede:

  • Algemene navrae en kondisionering: Jaco Koch  084 581 5378
  • Rehabilitasie van beserings: Hannalize Koch  082 823 9738

Dienste wat gelewer word:

  • Algemene kondisionering van leerders
  • Rehabilitasie van beserings
  • Biomeganiese evaluerings en programvoorskrifte
  • Gewigsverlies programme
  • Fiksheidsprogramme
  • Versterkingsprogramme         

Algemene inligting:

  • Enige Affie leerder mag ‘n lid word van die gimnasium. Kostes: R80 per maand. Vorms is by die gimnasium beskikbaar, maar betalings word by die skoolkantoor gedoen.
  • Gimnasiumlede ontvang gratis programme, asook rehabilitasie van beserings indien nodig.
  • Indien leerders nie lid van die Affie gimnasium wil word nie, kan hulle steeds rehabilitasie van beserings by Hannalize (Hannalize Horn Biokinetikus) doen. Dan betaal hulle egter privaat praktyk tariewe. Hierdie kostes kan terug geëis word vanaf ‘n mediese fonds.
  • Neem asseblief kennis dat u seun vir die volle tydperk vanaf die huidige datum, tot die einde van 2013 moet aansluit. M.a.w. indien u seun in Junie aansluit, verbind u, uself tot die betaling vir die volle tydperk vanaf Junie tot en met die einde van 2013.
  • Future Life en PVM produkte is teen baie goeie pryse by die gimnasium beskikbaar.
Terug Terug na bo