JOIN OUR MAILING LIST

AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL

"Eenmaal 'n Affie, altyd 'n Affie"

Klub 600 het ontstaan uit die ouer-onderwysersreëlingskomitee vir die 1997-toer van Affies se eerste rugbyspan na Groot Brittanje. Die klub is na afloop van die toer formeel gekonstitueer en funksioneer as die rugbyondersteunersklub van die Afrikaanse Hoër Seunskool.

Klub 600 is aan die westekant van die A-rugbyveld geleë.

Die parkeerarea se ingang is in Walton Jamesonstraat.

Die klub is tydens Affie-tuiskragmetings en alle Loftus-wedstryde oop.

Klublede kan dan gesellig kuier en braai. Braaipakke word te koop aangebied .

Vure, eetgerei, pap en sous word gratis voorsien.

Klublede ontvang weekliks wedstrydbepalings en uitslae per e-pos, die webwerf, Facebook en Twitter.

Nuusbriewe rakende projekte en funksies word gereeld versprei.

Klub 600 ondersteun minderbevoorregte rugbyspelers en het ook bygedra tot die verbeteringe aan die skool se gimnasium.

Die klub bied ook jaarliks 'n gholfdag en ander fondsinsamelingsprojekte aan.

Klub 600 is ‘n nie-winsgewende klub en afhanklik van ledegelde om sy finansiële verpligtinge na te kom.

Die bestuur:

Dewald Kloppers (Voorsitter)

Nico Muller (Tesourier)

Terug Terug na bo